Home » burgerskap

burgerskap

Suid-Afrikaanse burgers – moenie jou eie burgerskap verloor wanneer jy vir ‘n ander aansoek doen nie!

‘n Onlangse uitspraak van die Hooggeregshof bevestig dat jy jou Suid-Afrikaanse burgerskap sal verloor, indien jy vir burgerskap van ‘n ander land aansoek doen, terwyl jy nog nie Ministeriële toestemming hiervoor ontvang het nie. Dit maak nie saak of jy in Suid-Afrika gebore is of nie. Die rede waarom jy dubbele burgerskap wil verky, is ook irrelevant. Dalk werk/woon jy oorsee, dalk sal ‘n tweede paspoort dit vir jou makliker maak om te reis, of dalk het jy finansiële redes vir jou besluit.