Eiendom: Waarom het jy ‘n okkupasiesertifikaat nodig voordat jy koop?
Stel jou dit voor – jy koop jou droomhuis, betaal daarvoor, neem oordrag op jou naam en trek saam met jou gesin in. Dan onstaan ‘n probleem. Die Munisipaliteit sê vir jou dat geen okkupasiesertifikaat ooit vir die eiendom uitgereik is nie en dat jy gevolglik die huis dadelik moet ontruim.